Get Adobe Flash player

Welkom by Petra Smit se Afrikaanse Droom!

Die Afrikaanse Forum is ‘n kreatiewe skrywersgemeenskap vir skrywers op alle vlakke en in alle genres.

Lidmaatskap is gratis en sluit onder andere ‘n eie werksruimte in; afdelings met skryfgereedskap; Forum-In- en uit - boodksap boks en ‘n Help-Mekaar-hoekie waar jy kan timmer en skaaf.

Ons loods ook kompetisies met toon omkrul pryse.
Rene Bohnen skryf:

"want alles was see
en alles was leeg
voor die sterre losgeskeur het
uit die niks alom


      in die begin
      was die woord
‘n naam wat uit sy nate bars"

© Rene Bohnen
T.T. Cloete skryf:

“daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur 'n digter gemaak”
© T.T. Cloete

Kom kuier ‘n hond uit ‘n bos saam met ons en slyp jou talent terselfdertyd.

Sosiale Netwerk:

sluit aan by ons op Facebook

Neem Kennis:

Petra Smit se Afrikaanse Droom bestaan uit: Die webtuiste, Die Forum, Die Woordskuur en is op Facebook!

besoek die Forum
Nie lede moet eers aansoek doen. Vul die aansoekvorm in deur die aansoekvorm knoppie te druk. Weens die feit dat ongewensde elemente ook op die Internet rond kuier, moet almal wat wil deelneem, aansoek doen om lidmaatskap.

Aansoekvorm

sluit aan by ons op Facebook