Get Adobe Flash player

Woeste Willie en ander liegstories deur Naas Breytenbach

R60.00
SKU: BK001
Sluit gerus aan by my Facebook Page - klik die boek!Sluit gerus aan by my Facebook Page - klik die boek! ‘n Glimlag op elke leser se gesig. Dit is wat ek met hierdie boekie probeer bereik. Van Donkie-eiers tot ‘n tong in die kies lewensles of twee. Alles is daar.

Sommige van die stories is gebaseer op stories wat ek êrens langs my lewenspad opgetel het. Ek het dit afgestof en in ‘n nuwe baadjie toegedraai. As jy dus gedeeltes van die stories herken, is ek bly, maar hou in gedagte dat meeste van die werk oorspronklik is.

Ek wil ook graag ieder en almal wat my aangemoedig het om te skryf, bedank. ‘n Spesiale woord van dank aan al my Forumvriende en hulle kommentaar op my skryfwerk. Hulle is meestal die dryfveer agter hierdie boek.

Die boek kos R60 en posgeld en verpakking binne SA R27.

U kan die boek direk bestel deur Naas by naas.breytenbach@gmail.com met besonderhede.

Price: R60.00

Sosiale Netwerk:

sluit aan by ons op Facebook

Die Afrikaanse Forum:

Die forum is 'n stukkie ruimte waar skrywers bymekaar kom en mekaar help groei in hul skryfkuns.

Weens die feit dat ongewensde elemente ook op die Internet rond kuier, moet almal wat wil deelneem aansoek doen om lidmaatskap. Dit verseker dat slegs lede wat ernstig is om konstruktief by te dra tot die Afrikaanse skryfkuns, toegelaat sal word as lede.

Aansoekvorm

Of stuur 'n epos aan Petra Smit 

Reeds 'n lid - klik hier om na die forum te gaan:

Besoek Die Forum