Get Adobe Flash player

Duskantland se lorriedrywers deur Joe Mulder

R100.00
SKU: BK003
Die boek kan by Joe Mulder bestel word en die koste is R100 per boek plus posgeld en verpakking van 'n verdere R30. Dus R130 per boek. Buitelandse bestellings sal meer posgeld vereis! Die boek beslaan 273 bladsye en het heerlike stories in van ervarings en gebeure op die pad. Ek vertrou dit is in orde so, indien nie, kontak my by eldorado@telkomsa.net

Agterblad teks

Wanneer ses onbekendes bymekaar gegooi word om te gaan trokke bestuur in Amerika, is dit ‘n resep met baie moontlikhede. Duskantland se Lorriedrywers is ‘n verhaal en vertelling van wat gebeur wanneer ses vreemdelinge in Amerika aanland en die avonture wat hulle daar saam belewe! Dit is ‘n verhaal van saamstaan saamwerk en mekaar ondersteun in alles! Die kameraderie wat uit die saamgooi van die groep ontstaan het is kosbaar! Hierdie verhaal is ‘n ware verhaal en is deur Joe self geskryf.
Een van ons land se bekende skrywers, Maretha Maartens, het die volgende kommentaar gelewer;
“Joe, hierdie is ‘n storie wat net vertel moet word! Dit is iets anders, uit die perspektief van ‘n trokbestuurder, wat eenklaps die “Magic” begin ervaar en ontdek het! Daar is baie manne soos jy op ons paaie vandag en die breë publiek weet nie wat julle alles moet deurmaak en ontbeer nie. Die storie is verfrissend anders. Die meeste mense behoort daarvan te hou”
Kom ry saam met my op die ‘Interstates’ van die lewe. Dit sal u laat besef dat dit nie sommer enige hierjy is wat trokke bestuur nie. Dit is meestal manne met gesinne, manne wat lank weg is van die huis, wat ook ‘n verlange het na ‘n vrou en ‘n gesin. Dan kom die grootse ontdekking as jy uitvind jy ry nie alleen nie. Daar is altyd die onsigbare medepassasier by jou, naamlik God! Die “MAGIC” begin gebeur wanneer jy toelaat dat Hy jou lewe bestuur en beheer en verander! Hierdie boek is ‘n ‘eye opener’ vir gelowiges en veral ongelowiges en die wat nog enigsinds getwyfel het in die Almagtigheid van God!
Price: R100.00

Sosiale Netwerk:

sluit aan by ons op Facebook

Die Afrikaanse Forum:

Die forum is 'n stukkie ruimte waar skrywers bymekaar kom en mekaar help groei in hul skryfkuns.

Weens die feit dat ongewensde elemente ook op die Internet rond kuier, moet almal wat wil deelneem aansoek doen om lidmaatskap. Dit verseker dat slegs lede wat ernstig is om konstruktief by te dra tot die Afrikaanse skryfkuns, toegelaat sal word as lede.

Aansoekvorm

Of stuur 'n epos aan Petra Smit 

Reeds 'n lid - klik hier om na die forum te gaan:

Besoek Die Forum